Hierdie is ‘n REUSE pakket wat 330 bladsye bevat. Die pakket is opgestel om klankies aan die kind bekend te stel, asook EKSTRA HULP vir kinders wat sukkel met lees / klankies. Daar is 2 boekies: 1. Kleine Wolfie leer van klankies (235 bladsye) – Bestaan uit die 26 letters van die alfabet. – Elke alfabet letter het ‘n unieke, pret storie en illustrasie om die klankie aan die kind bekend te stel. – Flitskaarte met woorde – knip dit uit, die kind herken die prente en pas die woord daarby. – Soek die letters en kleur dit in. – Sensoriese aktiwiteit van elke letter. – Die kind trek die letter se rigting met sy/haar vinger na. – Soek letters in tydskrifte en plak dit. – Oefen om die hoofletter en kleinletter te skryf. – Knip aktiwiteit: plak die prent in ‘n blok wat met die klankie begin. – Alfabet letters om te lamineer en woorde te bou. – Woordsoek: Kyk na die prente en vind die woord tussen verskillende letters. 2. Kleine Wolfie leer lees (95 bladsye) – 10 Kort stories (meestal 3-letter woorde) met pragtige prente sodat woorde maklik herken kan word. – Groot sigwoorde in blokke om te lamineer en vir vaslegging van woorde te gebruik. – Woordsoek aktiwiteit na elke storie om die sigwoorde vas te lê. Hierdie pakket is digitaal in PDF-formaat en moet self geprint word. Clever Wolfee is trots op KWALITEIT werk!










