Hierdie is ‘n PROPVOL boekie van 200 bladsye wat die leerder ondersteun met die volgende konsepte: – Trek die lyne na (baie belangrik vir skryfvaardighede) – Die alfabet (oefen om elke letter te skryf – hoofletter en kleinletter) – Oefen om die klankies te skryf (a, e, i, o, u, y, aa, ee, oo, uu, ou, ie, ei, ui, eu, oe) – ‘n Oulike, unieke klanke storie vir al 16 klankies. –  Die a, e, i, o, u, y klankies het elkeen 8 verskillende werkkaarte om die klankies vas te lê. – Die aa, ee, oo, uu, ou, ie, ei, ui, eu, oe klankies het elkeen 7 verskillende werkkaarte om die klankies vas te lê. – Verskeie gemengde klankies werkkaarte waar die klankies deurmekaar gemeng is vir klank vaslegging. – Kleur die prente volgens klankies in. – Meervoude werkvelle – Logiese opeenvolging werkkaarte – prente met sinne daarby wat uitgeknip moet word en in die regte volgorde weer gepak moet word. – 10 Kort, unieke begripstoetse met 5 begripsvrae elk en ‘n prent om in te kleur. Hierdie boekie is spesifiek daar vir ondersteuning vir die Graad 1 leerder en is PERFEK vir ouers / onderwysers wat tuisonderrig doen. Hierdie boekie sal ook BAIE ondersteuning bied vir enige Juffrou wat ekstra, oulike werkvelle benodig. Clever Wolfee is trots op KWALITEIT werk!